Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt
"Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt [boodskap #29905] So, 16 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Alex koster  is tans af-lyn  Alex koster
Boodskappe: 30
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek sing van die wind, wat tekeer gaan;
Ek sing van die reën, wat daar val;
Ek sing van ons vaal ou Karrooland;
Van blomme, wat bloei by die wal;
Van water, wat bruis oor die klippe;
Van duikers, wat draf oor die veld;
Van voëls, wat daar sing in die bossies -
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Vir my sing maar liewers van blomme;
Van al, wat die vlei laat verkleur;
Van al, wat die sonskyn laat spartel;
Van voorjaar en najaar se geur;
Vir my sing maar liefs van die water;
Van duikers, wat draf oor die veld;
Van rotse en branders en wolke -
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

***************

Klim op, klim op, met die slingerpad!
Klim op, klim op, tot jy sta daar bo.
Waar jy al ons land in 'n oomblik vat
Van die Suurveld af tot die kaal Karroo!

Klim op, klim op, lang die slingerpad!
Klim op, tot jy bo-op staan, en kyk
Hoe mooi ons wêreld is! Dan weet
Jouw siel die waarheid - want jy is ryk!

LOUIS LEIPOLDT
----------------------

Beste wense,

Alex Koster
student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk
Re: "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt [boodskap #29924 is 'n antwoord op boodskap #29905] Ma, 17 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Alex Koster wrote:

> Van die Suurveld af tot die kaal Karroo!
>
>

Waar is die Suurveld nou weer, en hoekomword dit die Suurveld genoem.

Gloudina
Re: "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt [boodskap #30167 is 'n antwoord op boodskap #29905] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Die Moordenaarskaroo lê tussen die driehoek van Dwyka aan die
> suid-westekant, Merweville aan die noordekant en min of meer Leeu-Gamka aan
> die oostekant.

Hoekom word dit die Moordenaarskaroo genoem? Iemand het myeenkeer probeer
wysmaak dat dit ontstaan het as volg: in die berge
in daardie deel van die Karoo is daar baie grotte, waarin mense die
lyke van die wat hulle vermoor het, weggesteek het. Ek merk egter
later op dat daar ook 'n Moordenaarsrivier in daardie deel van die
wereld is. Weet iemand wat die oorsprong van die benaming is.

Gloudina
Re: "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt [boodskap #30168 is 'n antwoord op boodskap #29905] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die Suurveld(e) wat ek ken, is daar binneland in van PE. Patterson,
Kommadagga, Somerset-Oos (dalk al te ver). In elk geval die deel wat van
die Suurberge af binneland toe strek. Dan is daar ook 'n deel tussen
Clanwilliam en Nieuwoudtville wat as die Suurveld bekend staan. Verder, die
plato bo-op die Klein-Drakensberge staan ook as Rooigras-suurveld bekend, in
Engels 'Themeda grassland' agv vd Themeda grassoorte wat daar groei.

Die Moor'naarskarroo lê daar noordwes van 'n lyn tussen Laingsburg en (ek
dink) Merweville, sê maar in so 'n driehoek na Sutherland se kant toe.
Suidwes van h'om lê die Tankwakarroo, om die Doringrivier na Ceres se kant
toe - Boerneef se Seressekarroo. Errr, umm, as ek nou my Aardrykskunde reg
onthou.

Dries Venter

T de Wet wrote in message ...
> As ek nou reg had, dan was dit die Zuurveld genoem, seker weens die suur
> ingelse wat daar gebly het? (-:
>
> Dit was die Zuurveld as gevolg van die grondtipe wat dus ook die plantegroei
> van die weiveld beïnvloed het. Soos in Zuurveld vs Soetveld. Grassoorte
> verskil van die grondtipes en dus ook die drakrag en voedingsvermoë van die
> veld.
>
> Thys in Stellenbosch by dag, Somerset Wes by nag...
> @home.com wrote in message ...
>> Alex Koster wrote:
>>
>>> Van die Suurveld af tot die kaal Karroo!
>>>
>>>
>>
>> Waar is die Suurveld nou weer, en hoekomword dit die Suurveld genoem.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt [boodskap #30169 is 'n antwoord op boodskap #29905] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

T de Wet wrote:

> As ek nou reg had, dan was dit die Zuurveld genoem, seker weens die suur
> ingelse wat daar gebly het? (-:
>
> Dit was die Zuurveld as gevolg van die grondtipe wat dus ook die plantegroei
> van die weiveld beïnvloed het. Soos in Zuurveld vs Soetveld. Grassoorte
> verskil van die grondtipes en dus ook die drakrag en voedingsvermoë van die
> veld.
>

Dankie, Thys. Een van die mooi dae gaan
vra ek jou nog oor 'n hele klomp ander
benaminge. Dit lyk my die Kaaplanders
het die ou Kaap-provinsie mooi opgesny
in verskillende streke, seker alreeds in die
agtiende eeu.
Weet jy waar is die "Moordenaarskaroo"?

Gloudina
Re: "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt [boodskap #30170 is 'n antwoord op boodskap #29905] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
As ek nou reg had, dan was dit die Zuurveld genoem, seker weens die suur
ingelse wat daar gebly het? (-:

Dit was die Zuurveld as gevolg van die grondtipe wat dus ook die plantegroei
van die weiveld beïnvloed het. Soos in Zuurveld vs Soetveld. Grassoorte
verskil van die grondtipes en dus ook die drakrag en voedingsvermoë van die
veld.

Thys in Stellenbosch by dag, Somerset Wes by nag...
@home.com wrote in message ...
> Alex Koster wrote:
>
>> Van die Suurveld af tot die kaal Karroo!
>>
>
> Waar is die Suurveld nou weer, en hoekomword dit die Suurveld genoem.
>
> Gloudina
>
Re: "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt [boodskap #30171 is 'n antwoord op boodskap #29905] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

>
>
> Eh-hu!
> (Dis nou daai lekker eh-hu wat julle daar in die noordelike helfte van
> Americo Vespucci se vasteland laat rol)

Moenie sê dis Amerigo Vespucci se vasteland nie.Ons wil niks met Amerika te
doen hê nie. (Stupid
Amerikaners wat hulself vernoem na 'n kaartmaker.)
Ons bly in Kanata. Dis glo maar net "daar anderkant."
Toe die eerste Franse glo vir lede van Eerste Nasies
wat hulle teengekom het, vra watter land daar l^e,
toe se die ouens "Kanata" (heel logies, daar anderkant,
nie hier nie.) En toe dink die Franse ouens die land se
naam is Kanata. Vandag is daar 'n dorp genaamd
Kanata net langs Ottawa (ongeveer die Silicon Valley
van die Noorde.)

Gloudina

>
Re: "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt [boodskap #30172 is 'n antwoord op boodskap #29905] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3905AFB4.57AAE6B@home.com...
Weet jy waar is die "Moordenaarskaroo"?

Eh-hu! Coenie de Villiers sing daarvan op sy CD "Karoonagte"
(Dis nou daai lekker eh-hu wat julle daar in die noordelike helfte van
Americo Vespucci se vasteland laat rol)

Anderkant die Dwyka
lê die Moordenaarskaroo
dis 'n wêreld wat nog rou is,
wat 'n mens nog in kan glo
die paaie hier loop reguit
en die mense wat hier woon
ken die hitte van die somer
weet hoe reën jou kan beloon

Daar is min hier om te sien
maar daar is veel om te onthou
daar's die breedte van die vlakte
die randjiesveld se blou
waar 'n arend iewers wentel
bo sy onbekende prooi
kry 'n vaalbos skielik kleur
en word die berge vir jou mooi ....

en wat daarop mag volg
So lekker afferkaanse liedjie met lekker klanke

Die Moordenaarskaroo lê tussen die driehoek van Dwyka aan die
suid-westekant, Merweville aan die noordekant en min of meer Leeu-Gamka aan
die oostekant. Min of meer seg ek, maar as daar ander NG siele is wat beter
weet: Ek staan om gekorrekteer te worde.

Ek moet iewers daai storie van Pieter Spaarwater uit die Burger kry. Dis
nou daardie een van sy buurman uit engeland wat kom kuier. Die een met sy
Rover Mini. Die topppunt van engelse koetsiersvernuf buurman!

Groetnis hier uit die huis en haard
van die de Wets
waar ekke is die koning
en die vroulief my se koningin!

Thys de Wet
Re: "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt [boodskap #30202 is 'n antwoord op boodskap #29905] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Doringman van 'n Dries! Wat nou die sake sommer so mooi kom kropvat!
Juistemint! Is net die ding daai!
Zuurveld is soos jy sê daar in die Oos-Kaap. (Sien dis hoekom ek van die
ingelsel gepraat het.)
En die Moor'naarskaroo is net soos jy daar sê. So 'n myl of tien sal jou
seker vergewe word!
En daar is Seressekaroo is waar Boerneef se Diekerik Spit-aflek die saak
staan en bedieder het. Van Dirk Ligter, ja die nimlike hy, se skaapstelery
tot op Boplaas se dorsvloer waar die oompie met die grootbroek se broek mooi
kropvasgemaak is.
(Sal weer moet gaan lees wie die oompie was)

Thys oppie 'Bos met sy hart in die Overberg met saaityd...

Dries Venter wrote in message ...
> Die Suurveld(e) wat ek ken, is daar binneland in van PE. Patterson,
> Kommadagga, Somerset-Oos (dalk al te ver). In elk geval die deel wat van
> die Suurberge af binneland toe strek. Dan is daar ook 'n deel tussen
> Clanwilliam en Nieuwoudtville wat as die Suurveld bekend staan. Verder, die
> plato bo-op die Klein-Drakensberge staan ook as Rooigras-suurveld bekend, in
> Engels 'Themeda grassland' agv vd Themeda grassoorte wat daar groei.
>
> Die Moor'naarskarroo lê daar noordwes van 'n lyn tussen Laingsburg en (ek
> dink) Merweville, sê maar in so 'n driehoek na Sutherland se kant toe.
> Suidwes van h'om lê die Tankwakarroo, om die Doringrivier na Ceres se kant
> toe - Boerneef se Seressekarroo. Errr, umm, as ek nou my Aardrykskunde reg
> onthou.
>
> Dries Venter
>
Re: "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt [boodskap #30225 is 'n antwoord op boodskap #29905] Vr, 28 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

T de Wet wrote:

> En die Moor'naarskaroo is net soos jy daar sê. So 'n myl of tien sal jou
> seker vergewe word!

> Dries Venter wrote in message
>>
>> Die Moor'naarskarroo lê daar noordwes van 'n lyn tussen Laingsburg en (ek
>> dink) Merweville, sê maar in so 'n driehoek na Sutherland se kant toe.
>> Suidwes van h'om lê die Tankwakarroo, om die Doringrivier na Ceres se kant
>> toe - Boerneef se Seressekarroo.

Maar nie een van julle vertel vir my waar dienaam "Moordenaarskaroo" vandaan kom
nie.
Waar kom die naam "Seressekaroo" vandaan?

Gloudina
Vorige onderwerp: "Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: Nog 'n gedig van my
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 05:03:57 MGT 2024